Flatpack BikerChick

Ons Flatpack BikerChick, hier bo-op ons DiepBak braai, ondersteun ‘n heel hoender bo-op die braai. Smeer goed met speserye en olie en sit ‘n halfdronk blikkie Carling Black Label in sy agterent. Blykbaar is Lemon Twist ook ‘n wenner.

As jy ‘n gelukkige eienaar van een van ons Flatpack DiepBak, Mega of Solo Braais is, sal jy vind dat al die stukke netjies in daardie braaiers se sakke pas.

Dit is gemaak van 2mm dik 304 vlekvrye staal en dit staan stewig op die rooster.

Produk besonderhede

Prys200.00 ZAR
Gewig1.2kg
Afmetings (saamgestel)200mm x 330mm x 160mm hoogte
Afmetings (platverpak)330 mm x 160mm x 15mm

Vervoerkoste opsies

  1. Jy kan dalk een van ons produkte by een van ons voorraadhouers afhaal
  2. Ons kan ons produkte na jou toe stuur, of
  3. Jy kan 'n koerier van jou keuse organiseer. By my afhaal sal van ons werkswinkel in PE (Gqeberha), Oos-Kaap, wees.

Stel u belang?

Om 'n bestelling te plaas, afleweringsopsies te bespreek of 'n vraag of twee te vra, kontak my, Dewald, per e-pos of WhatsApp...

  dewald@flatpackbraais.co.za
  +27 (0)78 366 4773

Dankie

Dewald